
- Category Dagprogram
- Shift Oggend & Middag
- Price R2000 Halfdag / R2350 Voldag

1ste Kwartaal Eerste week van skool |
2de Kwartaal Einde Maart |
3de Kwartaal Einde Junie |
4de Kwartaal Einde September |
|
---|---|---|---|---|
Babaklas | 3 x Wetwipes 1x Groot savlon |
1x riem fotostaat papier 2x bokse snesies |
3x wetwipes 1x groot savlon |
1x riem fotostaat papier 2x bokse snesies |
Liefieland PTY Kleuterskool se leerprogram is gebasseer op die Nasionale Kurrikulum Verklaring. Die emosionele-, kognitiewe-, motoriese- en konatiewe aspekte van die kind word progressief ontwikkel. Die skool se opvoedingsfilosofie word weerspieël in die aanbieding van die dagprogram.
- Veskeie Leerprogramme is gebruik vir die samestelling van die
- leerpogram
- CAPS
- ELDA
- Alles in Een
- Little one kleuter en Voorskoolse program
- Nasionale kurrikulum se werkboeke en werkstukke
- Verskeie internet dokumente
Ons liefies LEER deur middel van SPEEL.
Wat behels ons Dagprogam by Liefieland PTY Kleuterskool?
Godsdiens – Lees van Bybeverhale, leer van lewenslessies, leer gebedjies, leer en sing nuwe liedjies.
Kring aktiwiteite
Daaglikse aktiwiteite (volgens jaargroepe)
- Tel Aktiwiteite
- Dae van die week
- Maande van die jaar
- Weerkaart|Seisoene
- Vorm van die week
- Kleur van die week
- Liedjie|Rympie van die week – asook herhaling van ander bekende liedjies, rympies en gediggies
- Die Tema van die week word daagliks bepsreek om so ons kleuters se breintjies te stimuleer en hulle kennis uit te brei
Aktiwiteite wat weekliks gedek moet word
- Legkaarte
- Hersiening van bekende vorms en kleure
- Skrifoefening
- Ryg Aktiwiteite
- Posisie in die ruimte
- Knipoefeninge (ouderdom gepas) / Skeur + Plak
- Patroonvorming
- Potloodgreep oefeninge
Tema Bespreking -Ons leerprogram volg ‘n weeklikse tema. In ons weeklikse bespreking, word daar meer geleer, ontdek en gesels oor die spesifieke tema.
Tema Aktiwiteit – Die kleuters het elke dag ‘n kuns aktiwiteit wat hulle in die klas doen wat aansluit by die tema bespreking van die dag.
Groot Motoriese Buitespel – Elke onderwyseres moet elke dag ‘n buitespel aktiwiteit saam met haar klas aanbied. Ons volg ‘n Buitespel program wat so al die nodige spiere ontwikkel en bevorder. Dit behels, balspel, balanseer aktiwiteite, boontjiesakke, springtoue, hoola-hoops, spring, hop, galop,paddaspring,huppel ens.
Vryspel Buite
- Klimraam
- Trampoline
- Swaai
- Hardloop
Rustyd – Ons kleuters se rustyd is vanaf 1 1 :30 tot 14:15 Die kinders hoef nie noodwendig te slaap nie, maar moet vir ten minste ‘n halfuur op hulle matrassies lê en rustig wees.